Nostalgooi

’n Reeks van nostalgiese potgooi-onderhoude met die baanbrekers en legendes van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Besoek gerus ons webwerf: www.klipkouers.com A series of nostalgic podcast interviews with the trailblazers and legends of the Afrikaans entertainment industry.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Samsung
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Episode 2: Deon Meyer

Friday Mar 18, 2022

Friday Mar 18, 2022

Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte.
Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale vertaal is.
Meyer se pad na roem was egter allermins met rose besaai.
In die genadelose leerskool van joernalistiek en later as aspirantskrywer moes hy leer om die onvermydelike kritiek, afkeuring en mislukking wat daarmee gepaardgaan, te verwerk.
Nie eens vlymskerp kritiek, soos ‘Hierdie ou sal nooit kan skryf nie’, kon hom egter van stryk bring nie, en na sy deurbraak met die TV-reeks, Orion, in 1998, het Deon Meyer nooit weer teruggekyk nie.

Episode 1: David Kramer

Friday Feb 25, 2022

Friday Feb 25, 2022

Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare behaal het met supertreffers soos ‘Blokkies Joubert’, kan David Kramer tereg beskou word as ’n baanbreker van alternatiewe Afrikaanse liriek.
Ironies genoeg, het Kramer op universiteit, gedurende die apartheidsjare, Afrikaans ook afgemaak as taal van die onderdrukker, totdat hy mettertyd besef het dat dit inderwaarheid nié die witmens se taal was nie.
Dit was ook op Leeds Universiteit dat die liedjieskrywer-saadjie, wat tot sy roemryke loopbaan en bekroonde blyspele saam met wyle Taliep Petersen sou lei, geplant is.
Vir David Kramer was die belangrikste altyd om die Suid-Afrikaanse identiteit te ondersoek, om iets eg-Suid-Afrikaans te skep…
Wat ’n ‘Bakgat’ mens!

Image

Your Title

This is the description area. You can write an introduction or add anything you want to tell your audience. This can help potential listeners better understand and become interested in your podcast. Think about what will motivate them to hit the play button. What is your podcast about? What makes it unique? This is your chance to introduce your podcast and grab their attention.

Jacques Basson

Version: 20240320